BOERE EENHEID FORUM - Waar ons kennis deel

Beleef die boere kultuur, gesels oor Siener, Uhuru, WWIII, raak betrokke by boereplaas, blanke plakkerskampe en armoede verligting. Ons het boererate, boere resepte, boere gedigte en tradisionele liedjies. Raad tov onttrekking en kampering.
It is currently 25 May 2013, 13:51

All times are UTC + 2 hours [ DST ]




Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 
Author Message
 Post subject: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#1  PostPosted: 20 Mar 2012, 13:35 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Oorlog het uitgebreek in Heidelberg en mense is gevra om hulle kinders by die skool te haal en hulself in hulle huise toe te sluit en motors te bere.Sover ek weet skiet die publiek opmekaar en 16 is al dood.

Ek wag nog vir 100% bevestiging oordie saak maar FB is vol hieroor!

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Heidelberg
Post Number:#2  PostPosted: 20 Mar 2012, 14:59 
Offline
Rooibok
Rooibok

Joined: 25 Oct 2010, 12:34
Posts: 222
http://mg.co.za/article/2012-03-20-ratanda-residents-rekindle-heidelberg-protests Hundreds of residents of Ratanda, Heidelberg gathered on the streets on Tuesday to continue their protest over power cuts and the cost of electricity, Gauteng police said.

"People are marching down the street. There's no violence at this stage," Lieutenant-Colonel Lungelo Dlamini said.

Dlamini said 48 people had so far been arrested for public violence and were expected to appear in the Heidelberg Magistrate's Court on Thursday.

On Monday, violent service delivery protests in Ratanda were met with police water cannons, stun grenades, rubber bullets and tear gas.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Heidelberg
Post Number:#3  PostPosted: 21 Mar 2012, 09:33 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Quote:
Weermaghulp vir onluste
2012-03-20 22:16

Wolfram Zwecker

Gauteng se regering het die weermag se hulp ingeroep om die onlussituasie in Ratanga, Heidelberg, onder beheer te bring.

Me. Faith Mazibuko, LUR vir veiligheid en sekuriteit, het gister erken die polisie het beheer oor die onlussituasie verloor en gaan die weermag vra om in te gryp “en die bates van die regering te red en te beskerm”.

Teen gistermiddag is 48 plunderaars weens openbare geweld en diefstal gearresteer, het lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, gesê.

Inwoners van die woongebied betoog sedert eergister omdat die elektrisiteitstoevoer volgens hulle sonder waarskuwing afgesny is. Hulle kla ook oor nepotisme in die munisipaliteit en dat niemand die bykans maandelikse verhogings in hul water- en ligterekening aan hulle kan verduidelik nie.

’n Duidelik ontstelde Mazibuko is gistermiddag saam met polisielede en me. Lerato Maloka, burgemeester van Heidelberg, in ’n Njala-polisievoertuig deur die gebied gevat. Hulle het na die twee uitgebrande munisipale kantore, die beskadigde biblioteek, die beskadigde polisiekantoor en geplunderde winkels van buitelanders gaan kyk.

“Die gaan nie meer oor dienslewering nie, dit is ’n aanval op die regering en sy instellings.

“Die polisie het beheer verloor oor die situasie en ek gaan vra dat die weermag ontplooi moet word om beheer oor die gebied te verkry,” het sy gesê.

Die Njala het by die ingang na die woonbuurt onder petrolbomme deurgeloop. Een het in die veiligheidsdraad voor die voertuig se ruite vasgesit en die venster in vlamme gehul het.

Hulle moes draaie ry deur die oproeriges en om ’n vragmotor wat die betogers op die R549-deurpad aan die brand gesteek het.

Volgens mnr. Moses Kutumela van ’n ysterwarewinkel het oproeriges die vragmotor gesteel en op die deurpad aan die brand gesteek. Al die voorraad in die winkel is gesteel. “Hulle het met sakke sement hier uitgeloop.” Een van die winkel se wagte is aangerand.

- In Sharpeville in die Vaaldriehoek is een mens gisteraand in onluste gewond. Inwoners is kwaad omdat die Menseregtedagviering vandag nie daar plaasvind nie, maar in Kliptown, Soweto.



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/W ... e-20120320

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Heidelberg
Post Number:#4  PostPosted: 21 Mar 2012, 09:56 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Quote:
Noord-Wes
Posted on March 19, 2012 by Bestuur

Meer as 3500 stakende mynwerkers by SAMANCOR eis gelyke salarisse vir verskillende relevante poste. Num sê, hulle sal nie toegee in hul eise nie, die vakbond se segsman Lesiba Seshoke het gesê: “We are not making any concessions with respects to this strike, we will not surrender and we won’t be starved to return to work. This is a battle we are prepared to die for”. Continue reading




Quote:
Wes-Kaap (N2 gesluit)
Posted on March 19, 2012 by Bestuur

Ongeveer 23H00 Sondag het die onrus in Grabouw weer posgevat. Die oproermakers het twee klaskamers van die Hoër Skool Groenberg brand gesteek, `n stoorkamer geplunder en vensters stukkend gegooi. Continue reading →





Quote:
Geweldpleging in Heidelberg (Ratanda)
Posted on March 20, 2012 by Bestuur

Gister oggend (19 Maart 2012) het ontstoke inwoners van Ratanda woongebied die R549, naby Heidelberg geblokkeer, met Mini Bus Taxi’s en klippe. Daar was klipgooiery en ’n sterk Polisie teenwoordigheid, insluitend helikopters wat die inwoners onder beheer gehou het. Daar was geweervuur en ontploffings wat soos granate geklink het. As voorsorg was besighede aangesê om hul personeel binne geboue te hou en deure te sluit. Vandag (20 Maart 2012) het die ontstoke inwoners Heidelberg dorp ingevaar met bakkies en Mini bus Taxi’s, na die Munisipale kantore, nadat hulle Ratanda omgekeer het. Continue reading →





Quote:
Geweld in Sharpeville. (Vaaldriehoek)
Posted on March 20, 2012 by Bestuur

Geweld het vandag skielik losgebars, nadat Sharpeville inwoners gehoor het, die geskiedkundige “Sharpeville vieringe” gaan nie daar plaasvind nie, maar in Kliptown. Daar is voor die voet geplunder, bande aan die brand gesteek, klippe gegooi, paaie versper en vinnig was die situasie uiters gespanne en het die Polisie hul hande vol gehad om dinge onder beheer te hou. `n Mens staan verbaas hoe vinnig hulle kan mobiliseer en oorgaan na geweld.

Hennie (Vaaldriehoek Prov. Leier)







Quote:
Geweld in Ogies (Oos-Tvl.)
Posted on March 20, 2012 by Bestuur

Oproeriges het byeengekom net buite Phola (Ogies) en bande gebrand, klippe gegooi en paaie versper, met aggressiewe optrede. Die protes gaan volgens gerugte o.a. oor die verskaffing van werk by kool myne. Skole en gesondheid fasiliteite is al twee dae gesluit. “Everything is at a standstill.” Luitenant Kolonel Leonard Hlathi het gesê, hulle het versterkings ingeroep aangesien die situasie steeds gespanne is.

Jaco (Sameroeper Ogies).



Quote:
Geweld in Evaton (Vaaldriehoek)
Posted on March 20, 2012 by Bestuur

Terwyl die Polisie uitgeroep en op pad na Sharpeville was, het daar geweld uitgebreek in Evaton. Volgens ons bron in die polisie kon hulle nog nie naby genoeg kom, om uit te vind wat die rede is vir die onrus nie. Volgens die bron is `n kerkgebou en voertuie onder klippe gesteek. Dit blyk of daar mense beseer is, maar dit gaan nog te deurmekaar en die oproeriges domineer nog sekere areas, om akkurate informasie te kry.

Hennie (Vaaldriehoek Prov. Leier)







Hierdie begin amper te lyk na Egipte se riotes en meer en meer areas sluit aan by die :w$:

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Heidelberg
Post Number:#5  PostPosted: 21 Mar 2012, 11:41 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Sopas ontvang
Kayasands betoog ook nou en die polisie is ook daar - RSG

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#6  PostPosted: 21 Mar 2012, 11:50 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Quote:
Betoger in Sharpeville geskiet
2012-03-20 21:59



Johannesburg – Skote is Dinsdagaand in Sharpeville afgevuur en een persoon is gewond, het die polisie in Gauteng gesê.

“’n Ambulans het die persoon na die hospitaal gevat,” het konst. Tshishiwa Mitileni gesê.

Dit is nie bekend of die slagoffer ‘n man of ‘n vrou is nie.

Volgens Mitileni is paaie afgesper en ‘n kerk se tent is ook aan die brand gesteek.

“Die polisie het probleme... omdat mense ons en die polisievoertuie met klippe gooi.”

Geen beamptes is beseer nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Inwoners het vroeër Dinsdag betoog omdat die hoof-vieringe van Menseregtedag in Kliptown, Soweto, gehou word.

“Dit [die openbare vakansiedag] gaan oor die Sharpeville-slagting. Die mense van Sharpeville betoog omdat hulle nie verstaan waarom [die vieringe] nou in Kliptown gehou word nie,” het Mitileni gesê.

Menseregtedag was voorheen bekend as Sharpevilledag, om die dood van 69 swart betogers, wat deur die apartheid-polisie geskiet is, in Maart 1960 te herdenk.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika ... t-20120320

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#7  PostPosted: 22 Mar 2012, 08:42 
Offline
Duiker
Duiker
User avatar

Joined: 20 Dec 2011, 08:24
Posts: 52
Ja nee dinge is aan die gebeur


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#8  PostPosted: 10 May 2012, 23:21 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Ja nee kyk! Tyd is besig om uit te hardloop en vinnig ook :S#Y: :w$:













Quote:
Betogings in Noordwes versprei
2012-05-10 21:01

Johannesburg – Betogings teen swak dienslewering in Noordwes het Donderdag tot nege dorpe in die Ganyesa-streek versprei, het die polisie gesê.

“Ongeveer 144 betogers is tot dusver vir openbare geweld in Ganyesa in hegtenis geneem,” het brig. Thulane Ngubane gesê.

Inwoners het ondernemings en ‘n gemeenskapsaal in Phofala afgebrand. ‘n Winkel is geplunder en gevandaliseer en R20 000 se kruideniersware is teruggevind.

Dié wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die hof verskyn.

“Die grootste probleem van die gemeenskappe wat onder die Kagisano Molopo-distriksmunisipaliteit val, was blykbaar die behoefte aan ‘n teerpad wat die dorpe met Ganyesa verbind,” het Ngubane vroeër gesê.

Inwoners is woedend omdat geteerde paaie al drie tot vier jaar gelede aan hulle beloof is.

Raymond Elisha, LUR vir openbare werke, sal na verwagting die gemeenskap in Southey toespreek.

Onderrig by laer- en hoërskole is ontwrig en leerlinge is gedwing om aan die betogings deel te neem, het Ngubane gesê.

“Die polisie monitor die situasie, aangesien paaie steeds versper word deur bande, bome en klippe.”

Die ander dorpe wat geraak word is Tlhapeng, Dipudi, Tsaodi, Kgokgole, Eliasm en Tshaneng.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika ... i-20120510






Quote:
Onrus in PE.
Posted on May 10, 2012 by Bestuur

“Watch us send your broken promises up in flames”, het skoolkinders geskree toe hulle takke en ander voorwerpe brand gesteek het tydens `n opstand in Port Elizabeth. Onderwysers en ouers het ook deel geneem aan die oproer.





Quote:
Onluste naby Ganyesa in Noord-Wes
Posted on May 9, 2012 by Bestuur

ʼn Klaskamer is gister tydens ‘n optog oor swak dienslewering in Tlapeng, naby Ganyesa, afgebrand. Kolonel Emelda Setlhako, woordvoerder van die Noord-Wes polisie, het gesê die klaskamer is afgebrand na inwoners van ses dorpies in die Kagisano-Molopo omgewing Maandag reeds die strate in gevaar het om te eis dat ʼn 70km stuk pad, geteer word.


Quote:
KwaThema naby Springs se beurt.
Posted on May 9, 2012 by Bestuur

Hier moes die polisie bond staan om te keer dat gebeure nie hand uitruk nie. Paaie is versper met brandende bande en klipgooiery het deel uitgemaak van dié onrus. SAPD sê hulle het nie genoeg opgeleides sou dinge eskaleer in SA nie



Quote:
Sir Lowry’s se beurt.
Posted on May 9, 2012 by Bestuur

Inwoners van hierdie nedersetting in die Wes-Kaap het vanoggend die N2 afgesper, die SAPD het daarin geslaag om hulle te verdryf. Die media span en die SAPD moes op `n stadium hardloop vir dekking soos wat hulle met klippe bestook was. Verder was nog paaie versper en bande gebrand.



Quote:
Barkly Wes aan die beurt.
Posted on May 9, 2012 by Bestuur

Munisipale geboue is brand gesteek, paaie versper en klippe gegooi deur oproermakers by Barkly West in die Noord-Kaap. Polisie het hulle bes probeer om dinge te keer, maar kon nie daarin slaag nie, en groot skade is aangerig. Al hierdie geboue wat so deur die land afgebrand en geplunder word, waar is die fondse om hulle te herstel en te vervang in hierdie huidige ekonomiese klimaat, met al sy werkloosheid – nou nog hoër?



Quote:
Onrus naby Oranjeville.
Posted on May 8, 2012 by Bestuur

Onrus in Metsimaholo naby Oranjeville, in die Vrystaat het uitgebreek nadat twee ANC groepe slaags geraak het met mekaar. Polisie versterkings is ingeroep, na die onrus van die naweek. Die polisie word daarvan beskuldig dat hulle partydig was.



Quote:
Belfast se beurt.
Posted on May 8, 2012 by Bestuur

In Bushbuckrand het geweldpleging weer handuit geruk. Honderde inwoners het geboue en bande brand gesteek, en klippe gegooi. Die water rekening van die munisipaliteit is met miljoene agterstallig en werkloosheid in hierdie gemeenskap word tot 80% geskat.


_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#9  PostPosted: 11 May 2012, 00:04 
Offline
Koedoe
Koedoe
User avatar

Joined: 18 Oct 2010, 20:55
Posts: 851
Location: Wes Transvaal
Vir die wat wonder, Ganyesa is so 70km noordwes van Vryburg. Nee, ek weet ook nie wat die ou naam is nie!

_________________
In die nuwe Suid Afrika word jy nie meer wakker nie, jy skrik wakker...


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#10  PostPosted: 11 May 2012, 08:28 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Hierdie is groot vir Mei maand maar ek hoor op RSG dat dit lyk sof daar meer oppad is,dan los dit nog die jaarlikse stakings uit

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#11  PostPosted: 21 May 2012, 15:18 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Ek kry die mense in Heilbron jammer


Ek hoor mense se besighede en winkels word afgebrand en die mens lewe in vrees.Daar is net een brandweerwa en in eendag 7 brande wat geblus moes word.

Die Noord-Vrystaat het begin om in 'n bloedbad te ontaard met al die moorde wat huidiglik daar plaasvind,Vredefort loop ook deur

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Dringend! Betoogings en vermy areas
Post Number:#12  PostPosted: 11 Jun 2012, 13:47 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 16 Oct 2010, 10:10
Posts: 3353
Location: Oralste
Almal weet nou van Pelgrimsrus en wat daar aangaan (As jy die nuus gekyk het)

Wat my oog vang is hoe die hele betoogings verander het.
As hulle 'n punt wil maak dan teiken hulle wit besighede en maak seker hulle kan nie besigheid doen nie.Heilbron en die Noord-Wes se dit alles,dit is sof alles meer beweeg na Wit areas toe.Wat my nogal pla is JHB waar jy nie die probleme het nie of beplan hulle een groote?

_________________
Volg my op Facebook (FB) Image Facebook

Verkieslik op
Volg my op Twitter Image Twitter Image


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 12 posts ] 

All times are UTC + 2 hours [ DST ]


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  
Locations of visitors to this page SA Topsites :: Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group