BOERE EENHEID FORUM - Waar ons kennis deel

Beleef die boere kultuur, gesels oor Siener, Uhuru, WWIII, raak betrokke by boereplaas, blanke plakkerskampe en armoede verligting. Ons het boererate, boere resepte, boere gedigte en tradisionele liedjies. Raad tov onttrekking en kampering.
It is currently 16 Sep 2014, 03:51

All times are UTC + 2 hours [ DST ]




Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 
Author Message
 Post subject: Drie vliee met een klap?
Post Number:#1  PostPosted: 06 Dec 2010, 04:32 
Offline
Rooibok
Rooibok
User avatar

Joined: 18 Oct 2010, 17:54
Posts: 238
Ek het n gedagte

Ons het drie groot probeme, die een is armoede tussen ons mense, die volgende is plaasaanvalle, en die derde is stygende lewenskostes.

Nou kombineer ons die probleme en kry n gemeenskaplike oplossing.

Daar is derduisende plase waar daar te min mense op n werf woon om dit behoorlik veilig te kan maak. Nou vestig ons sowat tien families in houthuisies op die boer se werf, en die mense le n groente tuin aan waar hulle kos produseer.

Die gevolg is dat daar genoeg mense op die werf is dat dit nie meer so gevaarlik is vir die Boer nie, en die behoeftige volksgenoot kan verniet woon maar moet in die tuin werk om n oormaat groente te produseer.

Die oormaat groente word na die droer aanleg gestuur en teen billike tariewe aan ondersteuners verkoop, dus baat almal by die projek?

Groete


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Drie vliee met een klap?
Post Number:#2  PostPosted: 06 Dec 2010, 12:59 
Offline
ADMIN
ADMIN
User avatar

Joined: 17 Oct 2010, 16:26
Posts: 2297
Dit sal natuurlik kan werk, maar mense is selfsugting. Hulle wil nie deel nie, en dan ook het die media die arm mense en veral blankes al so afgekraak, dat hulle alles glo wat daarin staan.

Ek dink dit is amper nog 'n geval van elkeen vir homself. (of so dink baie mense)

Ons volk het die term "onbaatsugtig" verloor.

Mens wil vir mekaar voorskryf oor hoe dinge gedoen moet word. As mense geld skenk, wil hulle se wat moet daarmee gebeur, maar niemand is bereid om die leisels te neem nie.

_________________
Any dead thing can go with the stream; it takes something ALIVE to swim against it.
Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Drie vliee met een klap?
Post Number:#3  PostPosted: 06 Dec 2010, 15:47 
Offline
Rooibok
Rooibok
User avatar

Joined: 29 Oct 2010, 15:56
Posts: 183
Location: Tzaneen
Al hoe ons gaan weet of dit GAAN werk, want dit KAN is as daar 'n paar boere is wat bereid is om dit toe te laat??

_________________
Help my om myself te help.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Drie vliee met een klap?
Post Number:#4  PostPosted: 06 Dec 2010, 19:43 
Offline
Duiker
Duiker
User avatar

Joined: 18 Oct 2010, 17:56
Posts: 26
Ek dink ons sal by volgende jaar se eerste Boerevereniging vergadering in ons omgewing die voorstel maak en kyk wat die reaksie is. Ek sal hier kom terugvoer gee.

Intussen kan ons almal bid dat Vader in die boere se harte sal werk en wanneer ons dit aan hulle voorle, dat hulle dit met ope arms sal verwelkom. Hoe se die Woord nou weer, "julle kry nie, want julle vra nie"

Laat ons bid en glo dat Vader 'n uitkoms sal gee.

Boeregroete
JPC


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 4 posts ] 

All times are UTC + 2 hours [ DST ]


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  
cron
Locations of visitors to this page SA Topsites :: Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group