Hi, ek het pas die e-pos ontvang. Weet enige iemand wat hier aangaan??
Quote:
DANKIE MARTIN
EK STUUR HOM AAN
EK EN INA HET VANDAG OOK 'N PERSEEL IN BENONI BESOEK
DAAR WOON OOK 'N HUISGESIN MET 4 KINDERS ( 8 IN TOTAAL )
NIE BAIE KOS NIE EN DIE MENSE IS NIE SLEG NIE (DIE PA IS 'N KARWAG )
HULLE PROBEER REGTIG HARD
ONS VOLK KRY BAIE SWAAR ORALS
IN BRAKPAN SIT ONS MET "N HUIS WAAR 26 VAN ONS MENSE WOON IN EEN HUIS HULLE TOTALE INKOMSTE IS R3000
DIE ELLENDE IS BAIE GROOT
DIE OORGROTE MEERDERHEID VAN ONS MENSE KYK EGTER ANDER PAD WANT SOLANK DIT MET ONS GOED GAAN WIL ONS NIE DIE REALITEIT VAN ANDER SE NOOD RAAKSIEN NIE
EK WAARDEER JOU ARTIKEL EN EK HOOP TALLE SE OE SAL OOP GAAN
LEES MATT- 25 VERS 31 tot 46 WANT DIT IS WAARVOLGENS ONS EENDAG GEOORDEEL GAAN WORD ( NIE HOEVEEL KEER ONS KERK TOE GEGAAN HET NIE )
NOGMALS DANKIE MARTIN
GROETE BY DIE HUIS
JULLE MOET KOM KUIER
JOHAN EN INA
---------- Forwarded message ----------
Ons help so graag anderkant die grense, maar kyk wat gebeur tussen ons!!
: Help! Ons kindertjies kry swaar!
Behalwe dat Londen brand, staar hierdie kinders (op ons eie bodem) uitsetting in die gesig!!
As die staat op 2 September 2011 die saak teen Magda Sroebel gaan wen, word die lewens van nog talle gesinne in Daspoort, en daarna nog 5 000 in omliggende streke ook bedreig.
Dan is daar NIKS wat die staat keer om al 700 000 blanke huisies, tente, woonwaens, ens. onwettig te verklaar nie!!
Tans is daar ook ‘n dringende behoefte aan kos vir hierdie mense.
Die wat kan help skakel asb vir Magda Stroebel by 082 9697405 of facebook “Angels at Work”.
Kom ondersteun hulle deur op 2 September 2011 om 09h00 voor die hof in Visagiestraat te wees!
Is daar dalk van die media wat hierdie mense kan bystaan?
As hierdie vir een of ander rede nie aangestuur kan word nie, vra ons dan net u gebede vir hierdie mense.