|
Gesien by Suidlanders. Hulle is n ander dam se ganse, maar die dam bly darem in ons distrik!
Ek weet nie wie was Koos du Plessis nie,(sien hy is op die vroeë ouderdom van 39 oorlede) maar my dank aan Suidlanders vir die aanhaal van hierdie pragtige gedig van hom. Dit vat raak, baie raak, oor hoe ek voel en ek dink duisende ander van ons volk net so...
Elke dag is `n gedagte, Elke kamer net gehuur. Elke aardse droom van rykdom en roem, Net `n skadu teen die muur.
Wat ek is, is net genade, Wat ek het is net geleen. Eind’lik smag ek na die waters van rus, Lei my Heer, vanaand daarheen.
_________________ In die nuwe Suid Afrika word jy nie meer wakker nie, jy skrik wakker...
|