|
Breuk Smelt aluin In ,,Eau de Cologne" en sit dit op. Moenie swaar goed optel nie.
Bysteek
Maak 'n pasta van koeksoda en water en plaas dit op die steekplek. Dit trek die gif baie vinnig uit.
Cholestrol
As jy aan hoë cholestrol ly, laat dit toets en onthou die lesing. As jy dit na normaal wil laat sak, doen ELKE dag die volgende: As jy wakker word in die oggend en voordat jy jou boeretroos drink, neem een huisie rou (vars) knoffel van medium grootte (of groter), sny dit in tenminste vier dele, kneus dit effens (moet dit nie pap druk nie!), en sluk dit heel in met koue water. Gooi nou jou koffiebeker vol kookwater, druk die sap van 'n halwe suurlemoen daarin of spuit 'n lekker spuit vars suurlemoen of lemmetjiesap (jy kan dit in die supermark koop - TRULEM werk goed) en drink dit om te keer dat jou asem na knoffel ruik. Sowat 40 minute nadat jy die knoffel gesluk het, kan jy maar koffie drink of eet en met jou normale bedrywighede aangaan. Die water en suurlemoen kan so tussen die skeerdery of gesig inkleurdery gedoen word! Doen dit getrou elke oggend en laat jou cholestrol na 'n maand weer meet. Terloops, die knoffel help vir rumatiek, keer dat jy verkoues en griep opdoen en, help om bloeddruk normaal te hou. Dis ook die goedkoopste medisyne op die mark! 1 Eetlepel wassoda opgelos in ‘n bietjie warm water. 1 Bottel Gin. Meng en drink een eetlepel vol elke oggend. Twee eetlepels heuning en drie teelepels kaneelpoeier wat in 500ml tee aan 'n pasiënt gegee word, verminder die cholesterol vlak in die bloed met 10% binne 2 uur. Indien bg mengsel drie keer per dag geneem word - genees dit kroniese cholesterol Doofheid
Sny 'n hasie oop en druk die water uit die blaas in 'n fles. Gooi 2 druppels 2 maal per dag in die oor. Steek 'n pluisie in die hasiewater en dan in die oor en maak gedurig weer nat.
Dronkenskap
30 grein ystersulfaat, 40 gram magnesia 44 dragmes* pepermentwater 44 dragmes* "Spirits of nutmeg" Neem 1 dessertlepelvol 3-maal op 'n dag.
60 grein of 3,7cc
GAL EN GORDEL ROOS
1 teelepel borrie ½ glas water. Drink 3 maal per dag.
Galstene
Neem 'n kwart glas (gewone bierglas) vars melk, vul dit op met olyfolle, voeg 'n teelepel kremetart en een teelepel koeksoda by, roer die mengsel goed deurmekaar en drink dit in die vooraand. Neem dan 3 uur later 2 bile beans pllle en die daarop volgende oggend een goeie dosis Engelse sout op nugter maag. Bly die eerste en tweede dag sonder vaste voedsel. Herhaal alles 14 dae later. (Ook vir verdikte gal) Kneus 7 huisies knoffel en gooi in ½ bottel Gin. Laat staan 24 uur. Drink 1 teelepel in water twee keer per dag.
Geelsug
Neem gestampte koljandersaad, gooi kookwater daarop en laat dit trek. Gee vir 'n kind 1 teelepel vol eenmaal op 'n dag. Skaapmelk is ook goed. 'n Rabarberpoeier met eweveel salpeter en kremetart. Maak dit goed deurmekaar. Gee 1 eetlepel vol driemaal op 'n dag.
Geheue
Oesters is 'n goeie bron van sink wat die geheue verbeter
Gewigsverlies
Kook een koppie water met heuning en kaneelpoeier en drink dit soggens op jou nugter maag en saans voor jy gaan slaap. dit veroorsaak gewigsverlies by enige persoon. Die drankie voorkom dat vet opbou in die ligaam al eet jy ook baie kalorië Gewrigsontsteking
Eet baie vis. Kabeljou, tuna en sardyne voorkom gewrigsontsteking
Goed gesluk
'n Speld en goed word soms gesluk deur kinders en die verpleging moet bestaan om die speld deur die ingewande te laat passeer. Met dié doel moet 'n groot kwantitelt ertappels gegee word en nie ander voedsel nie, totdat die speld gepasseer het. Moenie purgeermiddels gee nie.
Haarverlies
Mense wat aan haarverlies of kaalhoofdigheid lei kan 'n pasta van warm olyfolie, een teelepel heuning en klein bietjie kaneelpoeier aan hul kopvelle smeer voor badtyd. Laat dit vir 5 minute en was dan jou hare. Meng 1 botteltjie BERGAMONT ESSENS (Lennon se produk - alleenlik by Apteke verkrygbaar) met1 Bottel shampoo. Gebruik elke keer wanneer jy hare was.
Hart
1 Botteltjie Alma Hartdruppels 1 Botteltjie Witdulsies Meng saam en drink 18 druppels 3x per dag.
(Ook goed vir senuwees) 1 Botteltjie krampdruppels 1 botteltjie versterkdruppels 1 botteltjie Alma hartdruppels 1 botteltjie salvelatlie. Meng baie goed. Drink driemaal op ‘n dag 1 teelepel mengsel met 1 teelepel suiker met ‘n bietjie water.
Hartkloppings
Moet nooit saans te veel of onverteerbare kos eet nie. Lê nooit op jou linkersy of op jou rug nie. Verdryf alle swaarmoedige gedagtes en laat snags 'n lampie brand.
Hartkwaal
Maak 'n pasta van heuning en kaneelpoeier en eet dit gereeld as 'n smeer op brood. Dit voorkom die opbou van cholesterol in die are en voorkom hartaanvalle. Dit verminder ook die kanse van 'n tweede aanval drasties. Laat lemoenblare soos tee trek. Drink twee eetlepels, driemaal op 'n dag. Brandnetels soos tee laat trek met rooi laventel Brandnetels gedroog en op brandewyn laat trek. Neem 1 eetlepelvol driemaal op 'n dag.
Hartwater
Gebruik kanfersopies. Neem bronkors, stamp dit fyn en druk dit deur sonder water. Neem 'n half bottel van die bronkorssap en vul die bottel verder met heuning. Sit die bottel in 'n brood voordat die brood in die oond kom. Laat die bottel in die brood bak en koud word. 1 bottel Franse brandewyn, 1 bottel kruisementtee, kwart bottel rou heuning, 25 van die sterk pepermentkoekies (extra strong), 1 flessie kamille-essens, van die groot plat bottels. Die kruisementtee moet so warm wees, dat die pepermente en heuning smelt. Gooi die ander goed by as dit koud is. Neem 3-maal op 'n dag 'n kelkievol, en al om die ander dag nege druppels Haarlemmerolle, met slaaptyd.
Heesheid
1 teelepel heuning, 1 teelepel fyn gemmer, 1 teelepel tyn teesuiker, 3 eetlepels boegoe-asyn. Meng alles goed en drink 1 teelepel vol daarvan. 1 teelepel soetolie, 1 eetlepel asyn, geel van 1 eier, 1 eetlepel heuning. 1- teelepel fyn teesuiker, Meng alles goed en drink 1 teelepel vol daarvan nou en dan.
Hoë Bloeddruk
Rasper ‘n artappel met skil en al. Gooi ‘n bietjie water by en drink op nugter maag voor enige koffie gedrink word.
Eet 'n gerasperde, medium groot artappel (rou) vir onmiddelike verligting
Olyfolie, Seldery - dit is bewys dat beide bloeddruk verlaag
Maak 'n tee deur 'n takkie wynruit in kookwater te plaas vir 5 minute. Die tee bring die bloedruk onmiddelik af. Moenie te gereeld gebruik nie - hierdie is net noodhulp.
Roosmaryn tee help om die bloeddruk te stabiliseer - (hoë- of lae bloedruk)
1 Botteltjie rooi poeier 1 pakkie kremetart 1 pakkie salpeter 1 pakkie epsom salt (Engelse sout) Neem ‘n knippie in die môre en aand. (Een pakkie = 1 eetlepel of in die ou gewig 1 ons).
(Ook goed vir die hart) 1 teelepel appel asyn 2 teelepels heuning Op 1 koppie kookwater. Drink 2x per dag so warm as moontlik.
Knoffel Pille
|