MAAK JOU EIE GROENTETUINBeplanningTeken ‘n skets van jou groentetuin. Dit hoef nie ‘n kunswerk te wees nie, maar dit sal jou ‘n goeie idee gee van die uitleg en grootte van die tuin. Wanneer jy die ligging van jou tuin bepaal is dit belangrik om te onthou dat dit ten minste ses na sewe ure se son per dag gaan nodig hê. Dit moet ook beskut wees teen wind en ryp en dit moet goed gedreineer wees.
Wees versigtig om nie jou beddings te groot te maak nie. Alle areas van die tuin moet maklik bereikbaar wees, veral wanneer onkruid verwyder moet word.
VoorbereidingWanneer jy jou beddings uitgelê het, kan die grond omtrent 30 cm diep omgespit word. Onthou om alle kluite te breek en enige klippe te verwyder. Werk genoeg kompos in die grond. Malanseuns Kompos is ideaal vir groentetuine. Werk ook 40g 2:3:4 kunsmis in per vierkante meter.
GroentesoorteBlaar- en wortelgroente soos blaarslaai, beet en spinasie, wat van koeler toestande hou, kan nou geplant word terwyl groente wat vrugte dra soos tamaties, komkommers, rissies, brandrissies en eiervrug gedurende September geplant kan word wanneer dit warmer is.
MetodePlant groente in reguit rye. Die tuin word makliker beheer wanneer die groente in rye staan. Maak reguit voortjies om die sade in te plant. Fyner saad wat nie een-een geplant kan word nie, kan met meel of mieliemeel gemeng word vir eweredige verspreiding. Gooi die saad in die voortjie en maak toe met grond. Dit word aanbeveel dat die voortjies met ‘n saailingmengsel opgevul word om ontkieming te verbeter.
Indien sade groter is en een-een geplant kan word soos byvoorbeeld stambone, kan ‘n plantstok van twee meter gemaak word. Maak merkies op die stok volgens die plantaanwysings van die saad. Plaas die stok langs die voortjie en plant ‘n saadjie langs elke merkie. Vul weer die voortjie met ‘n saailingmengsel op en maak die tuin goed nat.
Plant nou jou groentetuin en verras vriende en familie wat kom kuier met pragtige vars groente en slaaie uit jou eie tuin! - Christo Coetzer
http://www.krant.co.za/index.php?option ... =3&lang=enJy kan 'n groente tuin op enige plek begin. In 'n woonstel of op 'n sement blad. Dis net die grootte wat gaan wissel.
'n Woonstel groente tuin werk lekker in blombakke. Dis nou te se as jy 'n stoepie het. Met kospryse wat deesdae so die hoogte inskiet, is dit dalk net die moeite werd om vir jouself 'n paar groentetjies aan te plant.
Jy kan ook gebruikte motorbande op mekaar stapel, en dit vul met grond en kompos. Daarin kan jy enige iets van aartappels tot wortels, tamaties en uie plant.
Ek sal bietjie later 'n lysie van plant tye van verskillende groente kom plaas.
Aartappels:Al grondsoort wat hulle opdraande gee is kleigrond. Kry sand as dit 'n probleem is en maak 'n bedding deur sand en kleigrond te meng. Moenie kunsmis in kontak bring met die moere wat jy plant nie – sal nie werk nie. Vars gesnyde gras en plant materiaal of kombuis afval soos blare en stingels kan 'n eerste laag vorm. Daarna grond bo-oor waarin die moere kom. Kry by die winkel aartappels wat al bietjie af is en hulle bereid is om weg te gee of gebruik die in jou huis wat al begin uitloop het – 'n goiing sak werk goed. Laat sagte pap aartappels eers lekker uitloop – hou hulle in klam maar nie nat toestande. Sny die aartappels waar hulle lekker uitgeloop het in twee en plant so 7 – 10cm in die grond en spasieer so 25cm uitmekaar. Hou nat vir sowat 7 dae. Gebruik 'n ou truuk – gebruik ou motorbande en soos die plante groei – sit motorbande oor die plante en bou die grond op. Sowat vier motorbande hoog werk goed. Voeg net grond by soos die plant hoër groei. Dit gee hope meer aartappels. Die kraalmis wat so lekker in die son uitgebraai het word nou met elke laag grond dun bo-op gestrooi.
Niemand kan die weer voorspel nie maar mens kan in die Vrystaat aartappels van September tot Maart plant. Begin vroeg – vandag al indien die motorband metode gebruik gaan word. Plant 'n maand uitmekaar uit vir 'n beter verspreide oes.
Vra maar die tuiniers oor die algemene peste en verkieslik boererate as gif.
Tamaties:Kry 'n paar vrot tamaties by die winkel of kombuis. Sny oop en laat die saad droog word. Plant die saad direk in die grond. Saai sowat 10cm uitmekaar – Nie almal gaan opkom nie en oortollige plantjies kan na so 4 weke uitgeplant word. Berei grond voor soos vir die aartappels. Saad moet deur 'n lagie grond van so 2.5cm bedek word. Strooi kraalmis spaarsaam op die grond ten minste 4 weke uitmekaar as bemesting. Hou nat vir sewe dae.
Die slim mense sê dat deur die plante te nat te hou vorm te veel oppervlakkige wortels. Die stamme hoef nie te swaar te word nie. Al wat jy doen is om stokke – “reguiterige” takke sal ook werk – te plant soos die plante groei en met enige oortollige stukkies tou of wol daaraan vas te maak - versigtig - moenie plante seer maak nie. Niks “fancy” tralies is nodig nie soos die slim boeke sê nie. Tamaties kan gelukkig nie lees nie. Los gras tussen die plante hou ook die vrugte van kontak met die grond weg. Die beste is om takkies en stamme ook te stut. Plant elke maand vir tamaties deur die seisoen. Beste tyd – Augustus tot November maar bietjie later onder skadunet.
Pampoen:Pitte uit die kombuis of vrot pampoene van die winkel. Maak die saad droog. Ek wil amper sê druk in die grond maak nat en dit is dit. Pampoene groei ontsettend maklik. Saad word direk so 2.5cm diep gesaai. Berei grond voor soos vir aartappels. Kraalmis so elke 4 weke spaarsaam gestrooi om plant. Gee die ouens spasie. Hulle lopers kan die wêreld oorneem en hulle moet verkieslik so wat 'n meter uitmekaar geplant word en lei maar die lopers.
Geelwortels:Plant geelwortels slegs in goed gedreineerde sand en leemgrond.
Moet nie kompos of mis kort voor saai van geelwortelsaad in die grond inwerk nie (indien die wortel met kompos in aanraking kom kan abnormale groei verwag word).
Spit 75 gram 2:3:4 per vierkante meter in die grond in.
Hark die oppervlak van die bedding fyn en verwyder alle kluite.
Saai die saad oor die oppervlak van die bedding en bedek met ‘n dun lagie grond. Maak goed nat.
Dun die plantjies uit sodra twee of drie blaartjies ontwikkel het. Die finale stand moet ongeveer 50mm van mekaar wees.
Die nekke van die wortels moet deur die groeitydperk liggies met grond bedek word. Dit sal vergroening voorkom
Augustus is ‘n bedrywige maand waarin vroeë somergewasse in saadkissies gesaai word.
Komkommers, murgpampoentjies, skorsies en tamaties kan teen die end van die maand op beskutte plekke gesaai word. Saai so vlak moontlik, gebruik vars saad en hou die grond klam.
Mens moet versigtig wees vir pampoenpitte, deesdae is die meeste pampoene basters, wat beteken dat die vrug dan ook nie weer die selfde vrug noodwendig gaan voortbring nie. Dit is dus beter om pampoensaad aan te koop, dit is relatief goedkoop en van hierdie basters lewer ook baie beter gehalte vrugte en meer daarvan.
Ek sal ook aanbeveel dat tamatie plandjies aangekoop kan word, daar is kwekerye wat goeie gewasse kweek en die plandjies is relatief goedkoop. Dit sal jou ook bietjie voorsprong gee.
Wanneer n twede aanplanting gedoen word sal dit beter wees om dit so ver moontlik van die eerste aanplanting te verwyder as moontlik. Dit maak die aansteeklikheid van siektes minder. n Plant in volle vrug stadium kry maklik siektes en dra dit dan oor na jonger plante in die nabyheid.
As die regte kultivar soos Star 7026 geplant word kan die pampoene ook gestoor word oor n lang tyd.
Ek sal vir Julia vra om te regestreer om alle vra hier te beantwoord, en ook advies te gee oor die keuse van verskeie plekke om te plant ens.
Terug rapportering op my eie groente tuin:1. Tamaties groei pragtig, geen siektes of gogga's wat die blare eet nie.
- Een deel tamaties direk in tuin geplant en ander in 'n groot pot.
- Mens moet onthou om ondersteuning te gee
2. Blaarkool het mooi gegroei in tuin totdat my kat it uitgekrap het. Dit groei nou weer mooi in bakkies
3. Pampoen soek defenitief son. Ek het dit in 'n skadudeel geplant. Dit het mooi opgekom, ongeveer 10cm, en toe gevrek.
Die volgende is nou suksesvol in bakkies geplant:
- uie
- spinasie
- blaarkool
- greenpepper
Na 3 dae het die blaarkool en die spinasie begin opkom in die bakkies. Sorg net dat die bakkies diep genoeg is, en plant net een saadjie per bakkie.
Ek het hierdie week ook suksesvolle groentetuine gesien in die Noord Kaap en die Wes Kaap.
Die Noord Kaap is 'n baie droee area, met min reen maar lekker ondergrondse water. 'n Boorgat is dus voldoende vir besproeing. Die mense daar rapporteer probleme met voels en goggatjies, maar plant "Afrikaner" blommetjies tussen-in en dit help blykbaar daarvoor. Een tannie het 'n hele riet stillasie oor haar groentetuin gebou en 2liter plastiek bottels oral daaraan vasgemaak, sodat dit bo-oor haar groente tuin hang. Dit help weer vir die voeltjies.
Ek het alle variasies groente daar gesien, maar pampoen is blykbaar baie suksesvol daar. Omdat die temperature in die winter in die minus ingaan, sal dit raadsaam wees om gedurende die somermaande genoeg aan te plant om dan ook van die groente te vries vir die wintermaande wat jy nie sal kan plant nie. Augustus maand is gewoonlik swartryp maand, so plant eers weer vanaf September