Quote:
Uitbreking van hondsdolheid in Johannesburg
2011-03-01 21:00
Johannesburg – Daar is nóg ‘n uitbreking van hondsdolheid in Lenasia, in die suide van Johannesburg, het Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling Dinsdag gesê.
“’n Agtjarige hond, wat nog nooit ‘n inenting ontvang het nie, is in Lenasia met hondsdolheid gediagnoseer,” het Mokoko Lekola, departementele woordvoerder, gesê.
Na bewering was daar verlede jaar ‘n veldtog in dié area wat inwoners aangemoedig het om hulle diere te laat inent.
“Die teenwoordigheid van hondsdolheid in ‘n digbevolkte, stedelike gebied soos hierdie kan ernstige gesondheidsrisiko’s inhou,” het Lekola gesê.
Volgens Lekola sal die departement sy inenting-veldtog nou uitbrei om meer gebiede in te sluit.
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/ ... g-20110301